Kurt Cobain

Kurt Cobain
Cobain tydens die MTV Video Music Awards in 1992.
Agtergrondinligting
GeboortenaamKurt Donald Cobain
Gebore20 Februarie 1967
Aberdeen, Washington
Sterf5 April 1994
Seattle, Washington
GenresPop- en rockmusiek
Beroep(e)Musikant
Jare aktief1982–1994

Kurt Cobain (1967–1994) was ’n Amerikaanse sanger en liedjieskrywer van die groep Nirvana, wat ’n nuwe rockmusiekstyl bekend as grunge ontwikkel het.[1] Dié musiek was veral in die vroeë 1990's gewild gewees. Hy is ook as die stem van Generasie X beskryf.[2] Cobain was met die sangeres-aktrise Courtney Love getroud en het in 1994 op 27-jarige ouderdom selfmoord gepleeg.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Azerrad, Michael. "Inside the Heart and Mind of Nirvana". Rolling Stone. 16 April 1992.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search